Hoogtevrees is die menslike vrees vir hoogtes. Hierdie angs bestaan in 'n mindere of meerdere mate by alle mense. Indien dit buitensporig is, word dit akrofobie genoem.[1] Akrofobie het baie met dieptevrees in gemeen. Albei fobies hou verband met die vrees om van 'n hoogte af te val.
Akrofobie kan net soos die meeste ander fobies met gedragsterapie behandel word. Mense wat aan akrofobie ly kan dikwels aan sekere hoë plekke, soos 'n woonstel, gewoond raak. Die angs kan egter terugkeer as die persoon vir 'n lang tyd nie aan hoogtes blootgestel was nie.
Daar is verskillende vorme van hoogtevrees:
Hoogtevrees kan 'n kombinasie van kognitiewe en optiese hoogtevrees wees. Spanning kan ook hoogtevrees aanwakker. In so 'n geval kan die hoogtevrees verdwyn as die persoon weer rustig en minder gespanne raak.